Kurt & Marené - Simondium Country Lodge

KURT & MARENE | Simondium Country Lodge Kurt & Marené gee altwee skool in Korea. Soms wens ek ek kan braaf genoeg wees om so iets te doen (nie die skoolgee nie - behoed die arme kindertjies) om oorsee te gaan werk. Wat nogal vir my besonders was, was toe Marené se suster, Sunel, vertel het hoe Marené kleintyd al haar tassie gepak het en gesê het ek loop nou, toe sy kwaad was vir haar ma... so sy het al van kleintyd geweet sy wil die werêld sien. Boonop gee Marené se pa en ma in Kuwait vir gestremde kinders skool en sus Sunel is met 'n Ausie getroud, so hulle is letterlik die werêld versprei! Ek kon dadelik 'n konneksie maak, want op die stadium werk ek om te kan travel... en ek het nou eers met my bucket list begin. Read more... read more
by Jani B Photography on 4/11/2012

Sponsors: