MARIUS & NICOLA | Bredasdorp - Overberg
Ek loop soms met hierdie gevoel in my rond dat iemand my eendag op die skouer gaan klop en sê: "Ons weet jy fake net om 'n fotograaf te wees". Ek's ongelooflik krities op my eie werk en ek dink meeste kreatiewe mense is so... en toe Nicola my vra om haar kiekies te neem was ek meer op my senuwees as ander kere, want sien Nicola is ook 'n fotograaf en 'n fotograaf kyk met ander oë na 'n foto. Maar Nicola & Marius is so oulike couple dat ek gou op my gemak was en boonop het hulle troue vir my soos een groot reünie gevoel, met bruide wat ek reeds afgeneem het, huidge bruide en toekomstige bruide daar! Nicola het die MOOISTE rok gehad, die rok self kort eintlik 'n blogpost van sy eie. Die meester agter hierdie kunswerk is Alana van Heerden, van Alana Fashion Design.
Read more... read more


















