Gawie & Liezel - Elgin

GAWIE & LIEZEL | Elgin My naam is Jani en ek is 'n Swart & Wit Foto verslaafde... Die post het 'n hele paar swart en wit fotos. Liezel het hierdie ontsettende mooi Turkoois oë en hulle lyk selfs mooier in Swart & Wit. Gawie kom van Williston af en ek het gewonder of hierdie mooie meisiekind dan sal aard op 'n plaas, maar blykbaar is Liezel op haar gelukkigste as sy die stilte kan beleef saam met haar boer... Die dag van hulle troue was dit sommer reënerig en lekker koud en dit boonop in die middel van Februarie, maar gelukkig het die donker wolke ons 'n kansie gegee om fotos te neem en het letterlik toe ons besig was met die laaste 10 min begin reën. Dit was nogals vir my 'n blessing dat twee mense wat hulle lewe saam gaan begin op 'n plaas in van die droogste streke van ons land, wonderlik gesëend was met reën op hul troue. Read more... read more
by Jani B Photography on 3/28/2012

Sponsors: