DANIE & LEANA | Delsma Farm - Riebeek KasteelEk het so uitgesien om die post te doen... so af en toe kom daar mense oor jou pad wat 'n verskil maak. Danie en Leana is een van daardie couples, wat mens nie anders kan help as om oor mal te wees nie. Plat op die aarde, sonder fieterjasies & aansitterigheid, mens -mense. Jy kan nie anders as om deur hulle vriendelikheid aangeraak te raak nie en dit maak dat mens meer as jou beste vir hulle wil gee. Boonop het Leana baie tyd toegelaat vir fotos, op die regte tyd van die dag...so ons kon nie anders as om 'n paar baie mooi kiekies te kon neem nie. Baie dankie vir Vanessa de Villiers wat my gehelp het die dag ♥
Read more... ... read more





















